Sunday, 28 August 2016

Dag 47: Oos Wes Tuis Bes

Traag om die lewe sonder wekkers, roetine en afsprake agter te los...pak ons vroegoggend padkos vir die 12ure rit na die Jakarandastad.

Soos ons in 'n Suidelike rigting ry bekoor Zimbabwe se rotsformasies en berge, hopelik word dit 'n land wat ons binnekort sorgvry kan besoek.  Die berugte padblokkades laat ons ongedeerd deur sonder enige vreemde versoeke of boetes..baie makliker as wat ons verwag het!

Terug deur die Suid-Afrikaanse grenspos is die kontras duidelik tussen ons buurlande se vriendelike mense (wat met weinig klaarkom) ongelukkig bitter duidelik..ons word deur traagheid terugverwelkom.

Tuis kry ons 'n warm verwelkoming...wollerige opgewondenheid, ouers wat ons inwag met eetgoed en bederf en bure met mandjies vol liefde en lekkerte!  'n Baie spesiale welkom-terug tekening is die kersie op die koek!

Home sweet home..




No comments:

Post a Comment