Saturday, 13 August 2016

Dag 23: Kapishya tot Malawi

Ons groet van ons nuwe pensionaris-kampvriende al 07:00 (lyk my dis al wanneer dit uiteindelik bekostigbaar is om vir maande te reis..maar wie is op 70 lus vir daktente en grondpad??) en klim weer op die 'Great North' na Malawi.  Die 'Great' pad is besaai met sinkgate en 'n magdom trokke..not so great..

Malawi se 'bad gravel' paaie lyk soos dongas en ons arriveer eers 19:00 (12 ure gery aan 500km..met net 180km daarvan teerpad) by Nyika Plateau nasionale park..gedaan met die kwik wat van 36 na net 3 val. Die ouer kamp-vriende het reeds 'n vuurtjie waarop ons 'n blits-maaltyd kan voorberei..dankbaar!


No comments:

Post a Comment