Sunday, 28 August 2016

Dag 46: Harare

Zimbabwe, land van konsternasie..ons laaste stop op ons reis. 

Vanaf Lujeri teeplaas, natuurlik na 'n  bederf-ontbyt en 'n Triton wat ophou drup, vat die pad ons deur 'n klein gedeelte van Mosambiek tot in Zim.  Ons word aangenaam verras deur die grensposte en die eerste Zim-boete is heel skaflik, want die oortreder is skuldig.

Aangekom in Harare kuier ons heerlik met Unisa kollegas (die stop in Zim is 'n plig wat plesier word) en skop nes by ons AirBnB blyplek.  Die kunssinnige huis met sy ewe interessante eienaar verryk ons kennis van 'n lewe in Harare..nie 'n maklike bestaan nie.  Alhoewel die matras uit die vorige eeu dateer, kuier ons lekker en verkyk ons aan geelpenssuikerbekkies in die blomtuin.

Tussen die pligte, besoek ons 'n kunsgallery en kuier by 'n Chinese restaurant terwyl optogte in die middestad woed.

No comments:

Post a Comment