Na ons tips oor plekke om te sien by ons kamp-bure (wat halfjaar in Knysna en anderhalf in Mallorca, Spanje woon) kry..is ons totaal gedemotiveer om na Gauteng terug te keer..
Ons ry verder Suid en besoek 'n paar lodges by Nkhotakota, eens die slawehandel-mekka van Malawi. Na ons wik en weeg om die meer oor te steek na die eiland Likoma, pak ons 'n paar dae se goed en 'n hele paar rand se dollars.
Die Chilembwe (boot) vertrek teen 22:00 vanaf Nkhotakota..en met ons bagasie, deel ons 'n klein (stampvol) vissersskuit met 'n hele paar 'locals', 'n paar (nat) hoendertjies by ons nat voete, mieliemeelsakke en matrasse..tot by die Chilembwe wat eintlik bedoel is om oliebore te diens (dus minder as min spasie vir passasiers).
Daar opgeklim, sak en pak, betree ons donker Afrika...vrouens en kinders lê oral in gangetjies en bo-op bagasie en slaap, mans sit teen die reëlings. Werner ontwikkel 'n permanente frons terwyl hy op 'n slaapsak op die vuil vloer probeer balanseer. Die man is nie gelukkig nie..teen duisende Malawi Kwacha verwag hy 'n sitplek..Afrika het ander standaarde..
Ons kry (dankie tog) 2 sitplekke langs mekaar in 'eerste klas' en toe Chilembwe teen 02:00 beweeg slaap ons al effens tot bedompige reuke en swete ons vroeg wakker dwing. Die sonopkoms en vars lug op die dek met die eiland (uiteindelik) op die horison vervaag bietjie die ongemak..net bietjie..
Ons klouter oor tafels en bokse en mieliemeel tot in Ulisa Bay lodge se bootjie (ons het die eienaar gelukkig op die boot ontmoet) en vaar tot op Likoma. Deur die vuilerige dorpie met klippaadjies tot oor die heuwel tussen ontelbare kremetartbome deur..tot by 'n pragtige gesig van ligblouwater en skuitjies..en 'n welverdiende varsgemaalde Malawi koffie..wat 'n nag!
Na 'n lekker middagslapie in ons witgekalkte huisie sing en dans Malawi kindertjies sorgeloos om ons op die strand en vra knaend 'Whatcha name?'.
Ekt hierdie nou geniet. My dood gelag.
ReplyDelete