Bitterkoud kruip ons heelwat later uit ons skilpadhuis as gewoonlik (gister se reis was rof) en spyt dat ons gisteraand te moeg was vir stort..Nyika het nie vandag water nie..
Nyika Plato het pragtige uitsigte en 'gemaskerde' Roan troppe en ons merk 'n veldpou af. Hout huisies tussen woude, die ysige weer en 'rolling hills' herinner eerder aan Skotland as aan sentrale Afrika. 'n Bosbok en haar bokbaba kruip in ons kamp vir 'n honger luiperd weg..
Ons ou(er) kampvriende vertel stories uit hul jongdae..Australiese, New Zealandse, Britse en Afrikaanse aksente om 'n Afrika-vuur.
No comments:
Post a Comment