Saturday, 13 August 2016

Dag 25: Vwaza Marsh

Met Nyika wat steeds 'n droogte in hul waterpomp beleef..klim ons maar pajamas en al in die bakkie..alles ruik elkgeval na stroois in die koue!

Vwaza Marsh nasionale park is ons volgende stop en tsetses heet ons welkom.  'n Hut met die opsie tussen 'n zebra- of luiperdbed is ons blyplek...ons kies die zebra maar vervang sy strepe met ons eie slaapgoed.  Die helderblou muskietnet bly 'n grillerige (maar nodige) kleefding.  Isiah stook die donkie sonder enige resultate (en wag vol hoop vir 'n fooitjie)..ons was die stroois-gevoel maar met koue water af.

Die hut het 'n mooi uitsig oor die meer 'n paar meter verder en 'n seekoei loop digby die Triton in die donker tot daar.




No comments:

Post a Comment