Verder Suid langs die meer bedryf 'n ou Suid-Afrikaner Sunga Moyo lodge. Ons arriveer laatmiddag, net betyds om die son te sien ondergaan oor die ronde rotse teen die water. 'n Perfekte stranddag lê vir ons more voor..
Die wind waai egter ons tent heen en weer en ons word wakker van sagte reën nes 'n Wes-Kaapse wintersoggend. Die bewolktheid dwing ons neuse in vergete boeke in.
Natuurlik is ons New-Zealandse bure nooit ver nie..en hul leer ons 'the game of Cub' en skop amper ons sterre.. Vissermanne bring vars aandete wat die manne oor die kole braai met die meer se golwende water as musiek.
Ons besluit om nog 'n aand hier oor te bly..die mooi, die rustigheid en die baba wolfhondjie het ons maklik oortuig.
No comments:
Post a Comment