Tuesday, 2 August 2016

Dag 16: Suid-Luangwa nasionale park

Ons skrik wakker van Olifant en haar baba wat in die vullissakke krap..gedink aap is die skuldige ou!

Suid-Luangwa nasionale park kos 'n arm en 'n been so ons koop die tyd uit! Ons hou die verkykers naby met groot troppe olifante, 'n magdom seekoeie en voëllewe.  Dit raak snikheet-warm en raak hoogtyd vir 'n middagslapie.  Oppad uit die park het drie leeuwyfies ons voorgespring..hul lê salig in die koelte, maar die tsetse's versteur ook hulle rus.  Een wyfie krul en rol haar lui lyf om van die peste ontslae te raak.

Met ons laatmiddag-rit tref ons 'n sittende kameelperdbul aan wat duidelik te seer of swak is om op te kom.  Dit raak vinnig skemer en ons twyfel of hy dit deur die nag sal maak met al die honger katte in die omtrek. (Ek sê 'n skietgebedjie dat ons nie môre bloed en bene hier kry nie..)






No comments:

Post a Comment