Met slaap in ons oë is ons park toe..(daar is nie eers tyd vir padkos pak nie..ons soek mos waarde vir dollars..)
'n Olifant-familie kom deur die rivier aangeloop en die laatkommer skop byevreterneste stukkend vir sy stofbad. 'n Reënboog van byevreters vlieg haastig weg.
Nuuskierig om te sien of my gebed beantwoord is..is ons na kameelperd se dooiplek toe..leeg! Die man het toe krag van iewers gekry om op te kom..verseker van bo.. 'n Likkewaan klouter tot bo-op 'n seekoei se rug en ons volg 'n gevlekte hiëna met vleis in sy bek totdat hy in die bosse verdwyn.
Maar natuurlik behels die fooi nie padkos nie..ons stop onder 'n reuse kremetartboom om grondboontjiebotter-broodjies te maak terwyl ons die bos dophou vir 'n honger kat. Ook maar goed ons geniet die broodjies..want by die kamp hardloop 'n bobbejaan met die einste grondboontjiebotter weg.
11 Wilde honde lê in die droë rivierbed en slaap..hul groot ore rek nie eers toe 'n klein rooibokkie benoud 'n entjie weg soos 'n soutpilaar staan en wag vir die ergste nie.
No comments:
Post a Comment