Ons wikkel vroeg om die pad Noord-Luangwa toe saam met ons gesoute buur-kampeerders aan te vat..net om in Mfuwe brieke aan te slaan. Die Diesel-pompe is leeg..(en so ook ons tenk)..ons bure sal alleen die tog moet aanpak.
Plaaslike grondboontjiebotter lig ons gemoed bietjie..en inkopies in Mfuwe is 'n kleurvolle ervaring. Ons draai terug na ons bekende kampplek langs die Luangwa en geniet tog die rustige dag soos ons van die diesel-frustrasie begin vergeet..
Teen son-onder trek twee jong olifante mekaar aan die slurpe rond totdat een plat op sy sterre gaan sit! Hul trek-trek so aanmekaar tot albei in die rooi refleksie van die rooier sirkel-son in die rivier staan..dankbaar vir die diesel-tekort!
No comments:
Post a Comment