Traag om die Mushroom Farm agter te laat, ry ons verder na Livingstonia. Die dorpie is ongelukkig agtergeblewe ondanks sy ryke geskiedenis.
Verder op teen die meer kampeer ons onder 'n Kremetart by die FloJa lodge. FloJa is deur twee Hollanders, Floor en Jan (baie ver gedink om hul lodge te benoem..) begin om 'n dagsorgsentrum vir kleuters te onderhou.
Die lodge se honde krap vir hul 'n kooi in die sand by ons voete en laat ons na ons eie brakke verlang..
No comments:
Post a Comment