Tuesday, 23 August 2016

Dag 34: Likoma eiland

Likoma, 'n eiland in die Malawi meer, lê baie naby aan die Mosambiekse kus maar vorm deel van Malawi.  Die eiland is oortek met kremetartbome, sommer tientalle reg langs mekaar, asook 'n magdom mango-bome..net jammer dis nie nou mango-seisoen nie.

Siende dat dit Sondag is..besoek ons die St Peters Katedraal.  'n Kolosale kerk vir so klein eiland (en natuurlik een van vele kerke) en stampvol aanbidders.  Die katedraal is dieselfde in grootte as die Westminster katedraal in Londen en is in 1903 gebou as Anglikaanse hoofkwartier.  Die mooi seepsteen is versier met loodglasvensters en die mooiste koorstemme (met Afrika-ritme) nooi ons in om die laaste uur van hul vier uur lange erediens by te woon.

Die eiland se grootte (8km lank en 3km breed) is bedrieglik..soos wat ons gou besef op 'n stappie "om" die eiland..heuwels op en af, oor rotse en strandlangs.

Met ons nuwe Franse 'amies' en Duitse 'freunde' is ons laatnag weer per bootjie na die strand om die berugte Chilembwe in te wag..na 'n sieldodende, moeë, koue tyd op die stilstaande bootjie kom die Chilembwe tot ons 'redding'.  Nog 'n slapelose nag tussen hoenders, babas, oorverdowende herhalende plaaslike musiek oor luidsprekers en nare reuke lê voor...totdat ons genadiglik teen sonopkoms in ons getroue rooi skilpad kan klim..met varsgebakte strand-mosbolletjies en 'n kopseer.

Hoe klink daai vir 'n eiland-vakansie?!











No comments:

Post a Comment