Saturday, 13 August 2016

Dag 20: Noord-Luangwa

Noord-Luangwa is baie kleiner en stiller as sy Suidelike broer.  Wild is skaars en die Olifante wat ons teekom is baie knorrig.  Veral die tandloses wat steeds die tragiese gebeure van die verlede onthou..

30 Swartrenosters in 'n bewaringsgebied in die hartjie van die park (die enigste renosters in die hele Zambië) is ook skugter en steek hulself weg.  Ook maar beter so..hulle is blykbaar ook humeurig (met rede) hoor ons by Buffalo kamp.

Ons verdwaal op 'n wille wildernispad besmet met tsetses en irritasie.. Ons is genadiglik gedwing om om te draai voor 'n reuse sinkgat.  Die omgewing verander soos wat ons die vallei uitklim..en Triton glimlag breed in low range.

Camp Zambia langs die Mwaleshi rivier is ongerep en die rivier kabbel voor ons vuurtjie.  Ons haal uiteindelik slaap in met die kabbeling wat klink soos swaar reën..salig!








No comments:

Post a Comment