Saturday, 13 August 2016

Dag 19: Luambe nasionale park

Met beide tenks vol diesel ry ons deur dorpies en katedraal Mopanie-woude tot by Luambe nasionale park, die halfpadmerk tussen Suid en Noord Luangwa.

Met die hele kamparea vir onsself reg langs die rivier stampvol seekoeie, sien ons uit na 'n goeie nagrus sonder bure wat vroeg vertrek of Nederlandse kleuters wat lawaai.  Vissermanne op Makorros gekap uit houtstompe, span hul visnette onder seekoeie se toesig.  Henriëtta met 'n klein kalfie gluur ons wantrouig vanuit die rivier aan..

Sommer vroeg-aand besef ons die nagrus is net 'n illusie..bring die bure en die kaaskop kleuters! Dis 'n gesnork en geblaas regdeur die nag!




No comments:

Post a Comment