Ons word wakker gemaak met 'n koppie tee (natuurlik!) en 'n heerlike ontbyt voor ons die Bloomsfield tee-fabriek besoek. Wat 'n interessante proses van pluk tot proe! Ons word in detail ingelig hoe die sisteme en masjiene werk deur 'n vriendelike man afkomstig van teeland (Indië).
Na 'n lekker middagete (hier word ons bederf!) neem Jim, ons gawe gasheer, ons op 'n toer van die plaas en wys ons hoe tee in ouderdom verskil. Die oudste teeplante op Lujeri is meer as 'n eeu oud! 'n Prentjiemooi plaas omring deur hemelhoë Mulanje berge, riviere, watervalle en swempoele. Wat 'n voorreg om op so 'n persoonlike wyse die plaas te leerken..'n geluk wat nie in elke toeris se skoot val nie!
Ons geniet tuisgemaakte kerrie en roomys(!! ons crave roomys) en luister na Jim se reis-stories.
* Natuurlik 'n dubbele seën toe die rooi skilpad sy eerste lekkasie in 7 weke het..en Jim natuurlik dadelik die regte man laat kom om ons veilig huistoe te stuur. Die Here weet..
No comments:
Post a Comment