Friday, 26 August 2016

Dag 39: Domwe eiland

Vanaf Cape Maclear vaar ons op 'n bootjie tot op Domwe eiland..'n klein paradys.  Ligblou water, klein private strand en houtstellasies waarop ons sommer in die buitelug kan slaap.  'n Sjef berei die kos voor wat ons voorsien (hy maak 'n bobaas lasagne)..'n min-moeite naweek!

Ongelukkig is die eiland reeds propvol met net nog spasie vir ons..18 mense in totaal..en ons moet tevrede wees met die laaste beskikbare houtstellasie sonder 'n uitsig.



















Die volgende oggend verkas al 16 ander eilandbewoners en ons bly alleen oor op die eiland.  Ons trek vinnig na 'n stellasie met 'n perfekte uitsig oor die meer.

Twee vaar beter as een..en ons toets die stelling met 'n kayak om die eiland..totdat een van die twee se spiere amok maak en spasmas ontwikkel..en die ander een met die kayak en die bondel spiere verder moet roei!  Mooi snork(el)-plekke laat toe dat die spiere bietjie strek en otters swem om die rotse.

Vroeg voor ons terug na die vasteland vertrek die volgende dag, durf ons die berg met plakkies aan om die uitkykpunt te bereik.  Plakkies word sommer vinnig uitgeskop en ons klouter die steil berg kaalvoet uit (ouch!) met 'n asemrowende uitsig as beloning.

No comments:

Post a Comment