Saturday, 13 August 2016

Dag 22: Kapishya

Met 'n stomende fles koffie is ons douvoordag in die ewe stomende hot spring..voel soos beskuit en koffie in die bad!

Die 'Hill loop' staproete oor die omgewing se koppies wys ons hoe 3 weke se kondensmelkkoffie en niks oefen (behalwe amo bokse ronddra en rek en strek om die daktent op te slaan) voel..ons het geen ander keuse as om in die warm water rond te dryf nie..




No comments:

Post a Comment