Friday, 26 August 2016

Dag 41: Liwonde Nasionale Park

Ons groet die Malawi meer na 'n besonderse paar weke se toer van sy Noordelike tot Suidelike punt..en volg die water na die Shire rivier in Liwonde Nasionale Park.  Die Shire rivier, gevoed deur die Malawi meer, vloei konstant en seekoeie blaas rustig in die water terwyl die son se rooi bal daarin reflekteer.

Twaalf meter hoĆ« Mopanie bome, palms en woude word ingekleur deur impala lelies wat oral blom.  Mvuu lodge is 'n besonderse mooi kamp en 'n luiperd(?) se grom laat ons 'n paar keer deur die nag reggop sit.

No comments:

Post a Comment