Traag om die lewe sonder wekkers, roetine en afsprake agter te los...pak ons vroegoggend padkos vir die 12ure rit na die Jakarandastad.
Soos ons in 'n Suidelike rigting ry bekoor Zimbabwe se rotsformasies en berge, hopelik word dit 'n land wat ons binnekort sorgvry kan besoek. Die berugte padblokkades laat ons ongedeerd deur sonder enige vreemde versoeke of boetes..baie makliker as wat ons verwag het!
Terug deur die Suid-Afrikaanse grenspos is die kontras duidelik tussen ons buurlande se vriendelike mense (wat met weinig klaarkom) ongelukkig bitter duidelik..ons word deur traagheid terugverwelkom.
Tuis kry ons 'n warm verwelkoming...wollerige opgewondenheid, ouers wat ons inwag met eetgoed en bederf en bure met mandjies vol liefde en lekkerte! 'n Baie spesiale welkom-terug tekening is die kersie op die koek!
Home sweet home..
Sunday, 28 August 2016
Dag 46: Harare
Zimbabwe, land van konsternasie..ons laaste stop op ons reis.
Vanaf Lujeri teeplaas, natuurlik na 'n bederf-ontbyt en 'n Triton wat ophou drup, vat die pad ons deur 'n klein gedeelte van Mosambiek tot in Zim. Ons word aangenaam verras deur die grensposte en die eerste Zim-boete is heel skaflik, want die oortreder is skuldig.
Aangekom in Harare kuier ons heerlik met Unisa kollegas (die stop in Zim is 'n plig wat plesier word) en skop nes by ons AirBnB blyplek. Die kunssinnige huis met sy ewe interessante eienaar verryk ons kennis van 'n lewe in Harare..nie 'n maklike bestaan nie. Alhoewel die matras uit die vorige eeu dateer, kuier ons lekker en verkyk ons aan geelpenssuikerbekkies in die blomtuin.
Tussen die pligte, besoek ons 'n kunsgallery en kuier by 'n Chinese restaurant terwyl optogte in die middestad woed.

Friday, 26 August 2016
Dag 36: Cape Maclear
Cape Maclear (of Chembe), in die Lake Malawi Nasionale Park, lê langs die meer en is 'n bekende toeriste-dorpie. Die Kriele het self jare gelede by Chembe Eagle's Nest vakansie gehou..en ons gaan kyk hoe dit deesdae lyk. Effens teleurgesteld in die ontwikkeling en die village-reuke wat die lodge omring, kamp ons nogtans 'n paar dae tussen die rotse met 'n uitsig oor die Thumbi, Mumbo en Domwe eilande.
Likkewane, kleurvolle akkedisse, visarende en stoute apies is volop en 'n hangmat onder die bome sorg vir lekker lui dae..
Otter Point dieper in die park is eiland-materiaal..ligblouwater, groot ronde grys rotse en swewende visarende. Die snork (soos wat die locals snorkel noem..) is asemrowend, groot getalle vissies (genaamd Cichlids) in helder kleure vreet aan die rotse en swem om ons.
In Monkey Bay besoek ons die hawe waar die legendariese Ilala skip staan, die alternatief vir die Chilembwe na Likoma eiland. As gevolg van herstelwerk aan die Ilala het ons uitgemis op die luukser en gemakliker opsie.
Sonsondergange op Chembe is besonders, maar snags hou óf moedswillige muskiete óf village-honde wat aanhoudend blaf omdat hiënas hul bok-maats vang ons wawyd wakker. Na vier aande is ons gereed om aan te beweeg na blouer waters....

Dag 41: Liwonde Nasionale Park
Ons groet die Malawi meer na 'n besonderse paar weke se toer van sy Noordelike tot Suidelike punt..en volg die water na die Shire rivier in Liwonde Nasionale Park. Die Shire rivier, gevoed deur die Malawi meer, vloei konstant en seekoeie blaas rustig in die water terwyl die son se rooi bal daarin reflekteer.
Twaalf meter hoë Mopanie bome, palms en woude word ingekleur deur impala lelies wat oral blom. Mvuu lodge is 'n besonderse mooi kamp en 'n luiperd(?) se grom laat ons 'n paar keer deur die nag reggop sit.

Dag 43: Lujeri
Ons word wakker gemaak met 'n koppie tee (natuurlik!) en 'n heerlike ontbyt voor ons die Bloomsfield tee-fabriek besoek. Wat 'n interessante proses van pluk tot proe! Ons word in detail ingelig hoe die sisteme en masjiene werk deur 'n vriendelike man afkomstig van teeland (Indië).
Na 'n lekker middagete (hier word ons bederf!) neem Jim, ons gawe gasheer, ons op 'n toer van die plaas en wys ons hoe tee in ouderdom verskil. Die oudste teeplante op Lujeri is meer as 'n eeu oud! 'n Prentjiemooi plaas omring deur hemelhoë Mulanje berge, riviere, watervalle en swempoele. Wat 'n voorreg om op so 'n persoonlike wyse die plaas te leerken..'n geluk wat nie in elke toeris se skoot val nie!
Ons geniet tuisgemaakte kerrie en roomys(!! ons crave roomys) en luister na Jim se reis-stories.
* Natuurlik 'n dubbele seën toe die rooi skilpad sy eerste lekkasie in 7 weke het..en Jim natuurlik dadelik die regte man laat kom om ons veilig huistoe te stuur. Die Here weet..

Dag 42: Lujeri Teeplaas
Liwonde Nasionale Park neig sommer teen 9:00 al na 30 grade en ons maak ontbyt terwyl Werner die bobbejane met klippe teister.
Teen middagete ry ons die dorp Zomba binne met 'n belowende 'Steers' bordjie! Al proe en lyk die pienk vleisie volksvreemd, is ons nogtans opgewonde oor lankvergete wegneemkos.
Die landskap verander vinnig en die stofdorpies word rondgeruk deur aanhoudende warrelwinde. Vrouens klou aan hul lap-rompe en groentestalletjies vas. Die Mulanje bergreeks omring die stofpaaie en ons soek tevergeefs na kampplek of blyplek vir die aand in die verwaarlose geriewe.
Raadop bel ons die 'Lujeri tea estate' wat eintlik slegs groot huise teen Europese pryse verhuur. Die man is nie gewillig om ons in die huise te laat nesskop nie, maar bied 'n kothuis agter sy huis aan. Dankbaar sluk ons swaar aan sy voorgestelde dollar bedraggie..
Op Lujeri aangekom, raak ons gemaklik bevriend met die gawe man, die tee-direkteur. Ons gesels laataand terwyl sy kok lekker aandete voorsit. Hy nooi ons om nog 'n aand oor te bly en reël sommer dadelik 'n toer van die plaas..'n geskenk van Bo!

Dag 39: Domwe eiland
Vanaf Cape Maclear vaar ons op 'n bootjie tot op Domwe eiland..'n klein paradys. Ligblou water, klein private strand en houtstellasies waarop ons sommer in die buitelug kan slaap. 'n Sjef berei die kos voor wat ons voorsien (hy maak 'n bobaas lasagne)..'n min-moeite naweek!
Ongelukkig is die eiland reeds propvol met net nog spasie vir ons..18 mense in totaal..en ons moet tevrede wees met die laaste beskikbare houtstellasie sonder 'n uitsig.
Die volgende oggend verkas al 16 ander eilandbewoners en ons bly alleen oor op die eiland. Ons trek vinnig na 'n stellasie met 'n perfekte uitsig oor die meer.
Twee vaar beter as een..en ons toets die stelling met 'n kayak om die eiland..totdat een van die twee se spiere amok maak en spasmas ontwikkel..en die ander een met die kayak en die bondel spiere verder moet roei! Mooi snork(el)-plekke laat toe dat die spiere bietjie strek en otters swem om die rotse.
Vroeg voor ons terug na die vasteland vertrek die volgende dag, durf ons die berg met plakkies aan om die uitkykpunt te bereik. Plakkies word sommer vinnig uitgeskop en ons klouter die steil berg kaalvoet uit (ouch!) met 'n asemrowende uitsig as beloning.

Tuesday, 23 August 2016
Dag 34: Likoma eiland
Likoma, 'n eiland in die Malawi meer, lê baie naby aan die Mosambiekse kus maar vorm deel van Malawi. Die eiland is oortek met kremetartbome, sommer tientalle reg langs mekaar, asook 'n magdom mango-bome..net jammer dis nie nou mango-seisoen nie.
Siende dat dit Sondag is..besoek ons die St Peters Katedraal. 'n Kolosale kerk vir so klein eiland (en natuurlik een van vele kerke) en stampvol aanbidders. Die katedraal is dieselfde in grootte as die Westminster katedraal in Londen en is in 1903 gebou as Anglikaanse hoofkwartier. Die mooi seepsteen is versier met loodglasvensters en die mooiste koorstemme (met Afrika-ritme) nooi ons in om die laaste uur van hul vier uur lange erediens by te woon.
Die eiland se grootte (8km lank en 3km breed) is bedrieglik..soos wat ons gou besef op 'n stappie "om" die eiland..heuwels op en af, oor rotse en strandlangs.
Met ons nuwe Franse 'amies' en Duitse 'freunde' is ons laatnag weer per bootjie na die strand om die berugte Chilembwe in te wag..na 'n sieldodende, moeë, koue tyd op die stilstaande bootjie kom die Chilembwe tot ons 'redding'. Nog 'n slapelose nag tussen hoenders, babas, oorverdowende herhalende plaaslike musiek oor luidsprekers en nare reuke lê voor...totdat ons genadiglik teen sonopkoms in ons getroue rooi skilpad kan klim..met varsgebakte strand-mosbolletjies en 'n kopseer.
Hoe klink daai vir 'n eiland-vakansie?!

Subscribe to:
Posts (Atom)