Saturday, 30 July 2016

Dag 14: Lusaka

Leopard lodge personeel staan in 'n ry om met 'n stewige handdruk en (steeds) groot glimlagte te groet..gaan hul 'Good morning Madame', baie 'Thank you's' en Luca op 'warthog-duty' baie mis.

Die pad Lusaka toe lĂȘ voor..en opstock vir die volgende ruk..vleis begin na 2 weke 'n aardige klankie ontwikkel.

'n Mall is mos maar 'n mall is 'n mall...en gou is die s(pens) vol.  Lekker om weer die skuim van 'n cappuchino te proe en restaurant-kos te eet.

Ons kamp weer vir die eerste keer na byna 'n week van vyf ster geriewe by Pioneer kamp net buite Lusaka en die vuurtjie langs die bakkie het weer sy bekoring.

Werner se ou tsetse-steekplekke swel en jeuk..die oorlog duur voort! Die steek wys blykbaar e8ers sy staal so 5 dae na die geveg..eina!  'n Besope Vrystater in die kamp se kroeg hou Werner darem so diep in gesprek dat hy nie kans kry vir krap nie..



1 comment:

  1. Hi Julle - wat 'n lekkerte!!! Hierdie is nou vuurmaakhout vir die oudag. Geniet elke oomblik en kom vertel alles!!!!
    Mooi loop julle - Luv u

    ReplyDelete