Friday, 29 July 2016

Dag 9: Van Mumbwa tot Leopard lodge

Ons slaan die daktent vir die laaste keer af vir 'n paar dae van rus..nogal 'n lekker gedagte op die negende dag..( gedink dis veronderstel om op die sewende dag te gebeur?)

Ons gaan doen laaste inkopies in Mumbwa..met 'n lysie nogal! Wel die opsies is kool, bone of klein gedroogte vissies..nie een kom op my lysie voor nie.

Die pad tussen Mumbwa en Leopard lodge is donga op donga..en die lodge is soos 'n oase! Die personeel se groot glimglagte blink wit soos hul aangehardloop kom met klam lappies om die Mumbwa-stof van ons wange af te vee..hul wil net help en aandra..ons voel so welkom!

'n Luukse huisie is vir ons gereed..reuse muskietnet oor die wit bed..'n hengse upgrade van die Triton-skilpad se huis op sy rug.

Reuben neem ons op 'n sundowner-bootvaart op die Kafue en met die terugkom weerkaats die volmaan op die water en ons vuurtjie brand al hoog..luuks!








No comments:

Post a Comment