Ons is vroeg op vir die regte rede..die daktent se 'deur' kyk die sonopkoms vierkantig (letterlik
Elke dag word sover geken aan die son se opkoms en ondergang..asof dit elke keer iets is om te vier en dit kweek 'n bewustheid oor die wonder van 'n nuwe dag wat ons bittermin in die stad ervaar of van notisie neem.
Ons doen inkopie(tjie)s by Melissas in Itezhi Tezhi se dorpie..glad nie wat ek van Melissas verwag nie..sy moet opskerp in Zambië! Haha..
Die pad na KaingU is sielsdodend. 40km in 2 en half uur is toe nou vir niemand snaaks nie..ons probeer 'n beter playlist saamstel vir die bestuurder se gemoed..en nog 'n 'bush repair' en tsetse oorlog later... Maar all good things take time..(sê die vrou wat weet)..en KaingU stel nie teleur nie. Sou help as ons nie gedink het die "Tsetse control post" is 'n grap nie. KaingU lê teen die Kafue rivier met eilande van klip en rots sover jy kyk..
Ons klim oor berge en dale na die mooiste uitsig oor die rivier se 'rapids' waar dassies ons stip dophou.
Die kampplek is luuks op groen gras met ons eie persoonlike geriewe..dit gebeur min!
) in die oë. Ons word saam met die son wakker.
No comments:
Post a Comment