Saturday, 30 July 2016

Dag 13: Visvang en Vaarwel

Danksy ons kosbare vriende Jacques en Sanet, kon ons 'n besonderse paar dae by Leopard lodge spandeer.  Nie net het hulle raad, insette en aanwysings ons trip sover baie glad laat verloop nie..die gasvryheid en liefde waarmee hul die lodge met ons gedeel het is 'n massiewe bederf!!  Ons sien uit om staaltjies oor Leopard met hulle te deel..dankie julle!!

Ons is vir oulaas saam Reuben met die boot rivier toe..elkeen met 'n visstok en 'n sundowner!

My visserman moes my eers touwys maak..waar om die lyn met my vinger vas te knyp en wanneer om die katrol se houvas af te haal.  Hy is so 'n goeie leermeester dat ek gou 2 vissies vang..sy hoek is egter leeg..  Visserman sal maar 'n vleisie moet braai.

Ons groet die oopbekooievaar, byvreters klim in hul nessies in die rand van die oewer en Max vreet vir oulaas die gras reg langs ons huisie.

Hierdie is 'n spesiale plek met spesiale mense..ons het dankbare harte!!













No comments:

Post a Comment