Friday, 29 July 2016

Dag 10: Leopard Lodge



Op Leopard lodge word jy wakker met die gebrom van sy naamgenoot aan die oorkant van die rivier vanwaar jy jou koffie geniet.

'n Reuse visvanger loer in die water vir ontbyt en langkuifloeries bad en drink aan die oorkantse oewer.

Reuben neem ons weer op 'n bootvaart net voor sononder in die teenoorgestelde rigting as gister en deel sy kennis van die omgewing..met 'n breë glimlag natuurlik.  Dit wemel hier van krokodille, seekoeie en voëls.

Luiperd en hiëna roep tegelyk en die seekoei 'Max' vreet aan die grasperk terwyl ons braai..




No comments:

Post a Comment