Saturday, 30 July 2016

Dag 12: Hot Spring

Net 'n wildrit ver van Leopard lodge is een van die wonders van die aarde.

Uit oranje-rooi klip borrel kokende water uit verskillende gate omring deur soutkristalle. Die kookwater loop met 'n dun riviertjie met soutwalle al kokende tot binne in die Kafue rivier.  Puku en ooievaars staan oral langs die kookwater-rivier..maar nie een durf sy dors les nie.  Gids David vertel hulle het juis 'n rukkie gelede 'n (gekookte) voël by die water gekry..hy kon sy dors nie hou nie..shame!!

Die plaaslike bevolking noem die warm bron die 'pampoen' hot spring omdat 'n groot pampoen daarin gaar sal word (en ek dink die oranje kleur van die klip het ook iets daarmee te doen). Besonders!!




No comments:

Post a Comment