Na 12ure op die pad..kopstamp met die gereg oor die spoedgrens (wat neffens slakkepas is..) en 'n lucky uitkoms van 'n spoedkaartjie..begroet Oupoot en haar makkers ons in Elephant Sands.
Sy skuur amper skouer met die Triton..en ek wonder of die storie oor hul sitrus-reuksintuig waar is..want daar lĂȘ 'n paar benoude nartjies in die bakkie..
Ons slaap reg langs hul moddergat waar hul heelnag slurp en trompetter..
Paar ure later in Kasane proe KFC net so olierig soos in SA..spyt kom altyd te laat..
Die magtige waters van die Chobe roep ons met 'n bootvaart..saam 'n verteenwoordiger van elke Europa-land wat wonder of die 'Elephants may escape from the island' ..ja hul swem sommer ;)
Wat 'n belewenis..soos die son sak oor Oupoot en haar snorkel..another day in paradise..
No comments:
Post a Comment