Friday, 29 July 2016

Dag 7: Konkamoya / Hippo bay


Gewoonlik staan ons vroeg op vir sonopkoms-koffie of 'n vroegoggend wildrit..maar vanoggend soek ons wifi saam met die boeretroos..ons het tafelkoors.. Die tafel staan (dankie tog) nog onder die einste boom..en sal 'n saamry-geleentheid na Lusaka met 'n overland-trok vol duitsers kry..phew!


Ons pad na die Itezhi-Tezhi meer kronkel deur die bosse waar 'n opgeskote olifant-bulletjie met flappende ore op ons wag..Werner bemeester die tru-rat met lof!  Dit nadat hy sy eerste 'bush-repair'-ervaring moes opdoen met tsetsies wat hom jag!! 'n Stomp het in die wiel verstrengel geraak..seker deur die tsetse's in die pad gerol..hul was behoorlik lus vir sy bloed!

Konkamoya en Hippo bay lĂȘ teenaan die meer met seekoeie in groot getalle wat die baai se naam gestand doen.  In die mooi oopte kom verras 'n volmaan ons oor die meer.  Volmaan Volhart Volstof.




No comments:

Post a Comment