Monday, 18 July 2016

Dag 4 : Some crap moments surrounded by great ones

Wel dag 3 het ons genomineer as rusdag..dis allermins ons wittebrood..


Dag 4 is ons laaste oggend in die vriendelike Botswana en ons eerste middag in Zambië.


Almal waarsku dat Afrika nie vir sissies is nie..ons besef hul verwys verseker na die Zambiese grenspos..enige sissie sal onmiddelik omdraai en eerder weer op die Chobe gaan vaar.  Wat 'n reuse deurmekaarspul!  Die grenspos-frustrasie bereik nuwe hoogtes wanneer ons besef dat die Zambiese Kwacha wat ons sorgvuldig in Suid-Afrika geruil het, ongeldig is en reeds verlede jaar uitgefaseer is..ou note..nou beter bekend as munte!! Die Zambiërs kyk natuurlik ons gegewe perd in die bek..


Maar soos wat Johan Bakkes Ellen Potter aanhaal.. "Every great adventures have moments that are really crap."


Aangekom by die Victoria Falls Waterfront is die Zambezi net so bekoorlik soos die Chobe. Ons sluit nog 'n dag af met die Afrika-sonsondergang oor Afrika-waters...Amarula in die hand!










2 comments:

  1. Ag shame! Jy skryf so goed Mercia! Love om dit te lees, jy skryf net te min!

    ReplyDelete
  2. Skryf is nou nie eerste prioriteit op wittebrood nie ;) Bly jy lees lekker!

    ReplyDelete