Vanaf Livingstone ry ons 'n wille Afrika-pad tot by die hekke van die Kafue Nasionale Park. Daar aangekom is ek in die knyp na die langpad se ruk en skud..en vra die man met bos-uniform vir 'n badkamer. Hy wys baie beleefd 'n netjiese klip-geboutjie 'n entjie verder..met natuurlik net so 'n netjiese gat in die grond binne. Wel as die nood druk.. Net so ervaar ons die res van Kafue..sonder pretensie, sonder fieterjasies.
Ons slaan kamp op by Nanzhila Plains met 'n uitsig oor die Nanzhila rivier waar 'n ratel snags asblikke omkeer en Swartwitpense met trots pronk. Die area is ook bekend as die nesskropplek van die swartwang-lovebird.
Ons wildrit kry 'n bitter smakie toe ons besef dat ons alluminium kamptafel steeds stoksielalleen op gister se kampplek in Livingstone staan..hoe vergeet twee gesoute kampeerders 'n lewensgrootte blink tafel?? Moet wittebrood-koors wees..
Tsetse-vlieë laat ons gou besef dat ritte nie hier met oop vensters gedoen word nie..danksy goeie vriende se waarskuwing is ons gereed met 'n detol-spuitbottel..hulle 'velle' is dik!
No comments:
Post a Comment