Tuesday, 19 July 2016

Dag 5: Livingstone en Victoria Valle

Livingstone is veel groter as wat ons verwag het en Dr David se beelde pryk oral in die dorp.

Muskiete vlieg hier soos muggies rond..ons hoop maar hulle is die gesonde soort!  Oom Olifant loop weer digby ons kampplek verby en g&t smaak vorentoe langs die Zambezi.

Vic Valle is natuurlik in 'n ander klas..ons asems word weggeslaan deur die donderende waters wat sonder ophou oorbruis.  Die 'rook' van die Valle kan van die Waterfront waar ons bly gesien word, maar dis die oorverdowende gebruis wat ons nader lok..

Die Makololo stam het juis destyds vir Dr Livingstone gevra of hy ook die rook in sy land het wat so luide gedruis maak.  Die stam het nooit nader gegaan om te sien dat dit die Valle is wat so 'rook' nie..hulle het net gesĂȘ "Mosi oa tunya" (smoke does sound there).

Dankbaar dat ons nader kon gaan...papnat gesproei kon word en die mooiste sonsondergang kon geniet..





2 comments:

  1. Yeah julle!!!! Het gewag vir die volgende 'link' maar toe besef ek, ek moet seker self bietjie ondersoek instel.haha. Lyk amazing!!! Bly julle geniet dit.

    ReplyDelete
  2. Yeah julle!!!! Het gewag vir die volgende 'link' maar toe besef ek, ek moet seker self bietjie ondersoek instel.haha. Lyk amazing!!! Bly julle geniet dit.

    ReplyDelete